Nelson Mandela – Reactie uit Zuid-Afrika

nelson commi

Onderstaande reactie na het heengaan van Nelson Mandela kregen we van één van onze vele lezers uit Zuid-Afrika. Waarvoor dank uiteraard! Vanzelfsprekend is het geschreven in het Afrikaans. Vertalen is een huzarenstukje, maar met een beetje moeite is deze tekst duidelijk genoeg. Wie beter dan een blanke Zuid-Afrikaan kan ons de emoties overbrengen van de Boerengemeenschap aldaar?!?

In die jare 50 en 60 was die naam Nelson Mandela nog redelik onbekend onder die gewone lede van die publiek, alhoewel hy fyn dopgehou is deur die veiligheidspolisie in Suid-Afrika. Hy was natuurlik ook onder sy eie mense – die Xhosas se Tembostam – bekend, asook onder politieke leiers in die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die African National Congress.

Maar, in die jaar 2013 is Mandela op elkeen se lippe. Almal wat al van Suid-Afrika en van apartheid gehoor het, weet ook van die man – Mandela – wat Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Danksy die media, wat van Mandela ‘n god gemaak het, is daar min mense wêreldwyd wat nog nie van hom gehoor het nie. Die eensydige propaganda laat geen ruimte vir negatiewe gebeurtenisse in die lewe van Nelson Rolihlahla Mandela nie. Nee, dit is nie politiek-korrek om iets leliks van so ‘n groot wêreldfiguur te sê nie.

Diegene wat al die Madame Tousaud Wasmuseum op De Dam in Amsterdam besoek het, sal weet dat daar ook van Mandela ‘n beeld staan. (Toe ek in 2006 daar was, was dit die laaste beeld in die gang voor die uitgang. Hy wuif selfs vir die besoeker….”Totsiens, kom maar weer!”). Slegs die wêreld se mees beroemde (en politiek-korrektes) word in dié museum met ‘n wasbeeld vereer. Nie eers Jan van Riebeeck, Paul Kruger of Hendrik Verwoerd, was so bevoorreg soos Nelson Mandela, om met ‘n wasbeeld vereer te word nie.

Vir vele Suid-Afrikaners (veral Boere-Afrikaners) laat die naam Nelson Mandela egter net ‘n bitter smaak in die mond agter. Die man se negatiewe eienskappe, en die slegte herinneringe aan hom, is vir die Afrikanervolk ‘n koue rilling. Politiek-inkorrek dus! Niemand sal seker weet hoeveel moorde hy persoonlik gepleeg het nie, maar die aantal mense wat in opdrag van Mandela gesterf het, of die moorde wat deur sy inspirasie deur ander moordenaars gepleeg is, beloop waarskynlik duisende.

Tussen 1990 en 2013 is meer as 200 000 mense (swart, wit, bruin en Indiër) deur jong swartes in Suid-Afrika vermoor. Daarvan was 70 000 blankes. En van die 70 000 blankes was 4 000 boere (agrariërs) wat op hul plase (boerderijen) vermoor is. Hierdie syfers sluit nie die getalle in wat gemartel, vermink, beseer, verkrag en andersins getraumatiseer is, in nie.

Mandela is op 18 Julie 1918 naby Qunu, ‘n klein dorpie oos van Mthatha in die Oos-Kaap gebore. Op 7-jarige leeftyd het hy die eerste lid van sy stam geword om skool toe te gaan. Hy het vroeg reeds getoon dat hy ‘n leiersfiguur met veel talente is. Dit was juis in Qunu waar Mandela sy Engelse naam (Nelson) van sy blanke Engelse onderwyseres gekry het. Nadat hy matriek by dié skool voltooi het, is Mandela na die Universiteit Fort Hare (Oos-Kaap) waar hy sy graad in die regte verwerf het. ‘n Klasmaat van hom, Oliver Tambo, sou later een van sy beste vriende word. Die Internasionale Lughawe van Johannesburg – O.R.Tambo Airport – is na hom vernoem.

Die Boerevolk van die republieke Vrijstaat en Transvaal (of Zuid-Afrikaansche Republiek) het in twee Vryheidsoorloë teen Groot Brittanje geveg. Een waarvan hy gewen het, en die laaste een wat hy in 1902 verloor het. Sommige mense glo dit was ‘n volksmoord (GENOCIDE) en deel van die NWO se plan om die Boerevolk uit te roei. Die Boerevolk was ‘n klein volkie van minder as 400 000 siele. Daarvan het 22 000 kinders, 5 000 vroue, en honderde bejaarde mans, in Britse konsentrasiekampe gesterf. In die twee oorloë het duisende volwasse mans en seuns in skermutselings gesterf. Byna 25% van die volk. Huise is afgebrand, diere is wreedaardig afgemaai, koringlande is afgebrand, en alles wat waardevol was, is vernietig. Die Boerevolk moes van heel voor af begin. Almal was verarm. Daar was niks oor nie.

Sommige boere het teruggegaan plaas toe om te red wat te redde was, en van vooraf begin boer. Stedelinge en dorpenaars het in die myne teen hongerlone gaan werk. ‘n Groot persentasie van die landbou-gemeenskap moes eweneens hul plase verlaat en werk in die stede gaan soek. Die Vrede van Vereeniging is in 1902 deur Brittanje en die twee Boererepublieke onderteken, en in 1910 is die Unie van Suid-Afrika gestig. Die Unie het uit die twee gewese Boererepublieke, en die twee Britse kolonies (Natal, en The Cape of Good Hope Colony) bestaan.

Nie almal was egter met hierdie “vredesluiting” tevrede nie, en in 1914/1915 het die sogenaamde “1915-Rebellie” uitgebreek. Na minder as ‘n jaar is die opstand onderdruk en die generaals in hegtenis geneem. Dit was vir die jong volk ‘n verdere terugslag, en groot vernedering.

Die Imperialistiese Brittanje het toe reeds bewys dat hy geen respek vir soevereine volke en nasies het nie, en slegs in mag en geld belanggestel het (vandaar die bynaam “die Geldmag”). Brittanje was geensins lief vir die swartes nie, maar het die swartes slegs misbruik om sy einddoel – MAG en GELD – te bereik. Swartes is reeds in die 19de eeu teen die Afrikaners/Boere opgesweep. In die Kaap, waar die swartes toe nog ‘n klein minderheidsgroep was, het die Britte Kaapse Kleurlinge gebruik om hul “vuilwerk” te doen. Pandoers, soos die Kleurlingsoldate genoem is, is deur die Britte in Kaapstad na die Oos-Kaap gestuur om boere wat onder verdenking gestaan het, in hegtenis te neem. Dit was ‘n verdere rede waarom die boere (Voortrekkers) besluit het om uit die Kaap weg te trek.

Na die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het vele dinge vir die mense van Suid-Afrika verkeerd geloop. In 1912 is die ANC (African National Congress) in Bloemfontein gestig; in 1913 is die Wet op Grondbesit ingestel; in 1914 het Wereldoorlog I uitgebreek; in 1915 het die Rebellie uitgebreek; in 1922 het blanke mynwerkers (vir die eerste en laaste keer in die geskiedenis) gestaak, waartydens talle van hulle deur die destydse Unie Polisie doodgeskiet is; in 1933 het ‘n vernietigende droogde die land getref; en kort daarna die 1933/1934-depressie. Al hierdie katastrofes het egter van die Afrikanervolk ‘n geharde volk gemaak. Ook op politieke terrein het die Afrikaner/Boerevolk vordering gemaak totdat hy in 1948 vir die eerste keer die land se regering oorgeneem het.

Brittanje het met sy haatveldtog teen die Boerevolk (deesdae ook Afrikanervolk genoem) voortgegaan. Die swartes is teen die Afrikaners opgesweep, en die indruk is by die swartes gelaat dat die Afrikaners “rassiste” is. Die media en die slinkse politici het die Britte se eie rassisme verberg, en elke keer as ‘n prominente Afrikaner iets gesê of gedoen het wat maar net effens na rassisme geruik het, is dit op die voorblaaie van Britse koerante uitgeblaker.

Dr Hendrik Verwoerd word deur anti-apartheid-aktiviste as die vader en die argitek van apartheid genoem, maar toe hy in 1901 in Amsterdam gebore is, was daar alreeds apartheidswette wat swartmense benadeel het. Sommige van daardie wette is in Londen gemaak. Die enigste verskil was dat dit nie apartheid genoem is nie, maar wel SEGREGASIE. Toe dr Verwoerd in 1948 deel van dr D F Malan se kabinet geword het, het Suid-Afrika reeds 10 apartheidswette op die boek gehad.

Die Britte was geensins van plan om die swartes met hulle (die Britte) gelyk te stel nie. Selfs die Afrikaners was ondergeskik aan Britse burgers gestel. Die Johannesburgse Effektebeurs (in Engels: Johannesburg Stock Exchange) was slegs vir Engelse en Jode toeganklik. Dit was eers vele jare later dat Afrikaners toegelaat was om op die Beurs handel te dryf.

Toe die Nasionale Party in 1948 die regering oorgeneem het, was die mense van Suid-Afrika taamlik verdeeld. Dit was net na WOII, en Afrikaners was in twee groepe. Diegene wat die Nasionale Party ondersteun het, was min of meer ook diegene wat gekant teen deelname aan WOII was. Sommige Afrikaners het gevoel dat dit Engeland se oorlog was, en dat Afrikaners niks in Europa te soek het nie. Alhoewel Afrikaners se bloed feitlik almal “eweredig vermeng” was met dié van hul Duitse, Hollandse en Franse voorouers, was daar tog diegene wie se Duitse bloed vir hulle té sterk was om VIR Engeland, TEEN die Duitsers te veg.

Ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Party (die Sappe) was ook vurige ondersteuners van Engeland in die stryd teen Duitsland. Duisende Afrikaners het hulle dus by die geallieërde magte aangesluit wat saam met die Britte in Egipte en in Italië teen die Duitsers geveg het. Dit was vir sommige blankes in Suid-Afrika ‘n groot verrassing toe die Nasionale Party die verkiesing gewen het, nadat hulle gehoop het dat WOII die Afrikaners en die Engelssprekendes verenig het. Die teenoorgestelde het eintlik gebeur. Nat en Sap was nog nooit voorheen so verdeeld nie, en die Engelse en regse Afrikaners kon mekaar ook nie verdra het nie.

Die Engelssprekendes het die swartes meer en meer teen Afrikaners aangehits, en daar is aan swartes gesê dat “al jul swaarkry is die skuld van apartheid en van die gehate Boerevolk”.

Mandela het hom vroeg in die dertigerjare al vir die “bevryding van sy volk” beywer, en in 1942 by die ANC aangesluit. In 1944 het hy en sy tydgenote die ANC Jeugliga gestig. Aanvanklik was Mandela teen geweld gekant, maar hy het gereeld protesoptogte saam met die Jode – Joe Slovo en Ronnie Kaserils – gelei. Hulle (Mandela en sy 2 Joodse vriende uit die Soviet Republiek) het gereeld “Kill the Boer,” Kill the Farmer”, saam gesing tydens sulke optogte.

Op 5 Desember 1956 is Mandela en 150 betogers in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla. Die verhoor het 5 jaar geduur, en in 1961 is almal vrygespreek. Maar, teen daardie tyd was die wêreld al woedend, en betogings binnelands en buitelands was aan die orde van die dag. Die woorde “apartheid” en “Afrikaner” het wêreldwyd berug geword.

Op 16 Junie 1960 het duisende swartes ‘n optog deur die strate van Sharpeville, ‘n woonbuurt van Soweto, net buite Johannesburg, gehou. Volgens die polisie het hulle geweldadig geword en wou die polisiekantore in Soweto aan die brand steek en al die polisielede vermoor. Die gevolg was dat die polisie op die oproeriges geskiet en 69 gedood het. Die ANC het later ontken dat ‘n massa-moord op die polisie hul motief was. Wat ook al die waarheid was, hierdie voorval het wêreldwyd opslae veroorsaak, en Suid-Afrika was weer wêreldnuus.

Die regering het kort hierna die ANC, die S.A.Kommunistiese Party, asook ander organisasies, verban. Mandela het toe Umkhonto we Sizwe (die ANC se gewapende vleuel) gestig en openlik geweld gepropageer. In dieselfde jaar het dr Verwoerd Suid-Afrika tot republiek verklaar. (Ongelukkig was dit ‘n republiek vir ALLE Suid-Afrikaners, wat die hele land ingesluit het, en nie slegs ‘n klein gedeelte van die land, vir Afrikaners alleen nie).

Indien elke etniese groep wat vry wou wees hul onafhanklikheid in hul eie grondgebied kon gekry het, sou daar nie soveel bloedvergieting in die land gewees het nie, en sou daar ook nie rassespanning gewees het nie. ‘n Suid-Afrikaanse republiek kon vir diegene wat deurmekaar wou woon gestig gewees het, maar aan diegene wat vryheid begeer het, moes dr Verwoerd eintlik ‘n aparte republiek gegee het, dan sou alle partye tevrede gewees het.

Nadat Mandela vir 17 maande op die vlug was, is hy op 5 Augustus 1962 weer in hegtenis geneem. En op 11 Julie 1963 is daar ‘n klopjag op die plaas Lillysleaf naby die dorp Rivonia, sowat 16km noord van Johannesburg, gehou waarin 12 terroriste in hegtenis geneem is. Onder hulle was die Jode Wolpe en Goldreich. Wolpe het later ontsnap en na Londen gevlug, terwyl Goldreich na Israel gevlug het.

In die huis op Lillysleaf is honderde vlugskrifte en ander dokumente van die S.A. Kommunistiese Party gevind. Een van die dokumente was oor “Operation Mayibuye”, waarin ‘n uitvoerige plan gegee is vir ‘n uitgebreide stryd om die regering omver te werp. Die “nasionale bevel” sou sorg vir: 210 000 handgranate; 48 000 landmyne; en tonne plofstof. Volgens die “Mandela-Plan” sou ‘n sentrale gesag beheer oor streek-komitees oor die hele land beskik, en terreurdade teen die Nasionale Party-regering aanblaas.

In Mandela se verhoor het Adv. Percy Yutar namens die staat opgetree, en advokate Bram Fischer, George Bizos en Arthur Chaskelson, namens die beskuldigdes. Mandela is op 11 Junie 1964 op aanklagte van terrorisme skuldig bevind. Daar is ook bevind dat hy ‘n lid van die SAKP (Kommunistiese Party) was, en dat hy die land met brute geweld omver wou werp. ‘n Nota is in die huis gevind wat in Mandela se eie handskrif geskryf is. Die Afrikaanse vertaling van die teks, wat in Engels geskryf is, lui:”In ons land word die stryd van die verdrukte mense deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gelei, en deur sy beleid begeester. Ons, lede van die SAKP, is die verste gevorderde revolusionêre in die moderne geskiedenis!”

In sekere state van die VSA word daardie uitspraak steeds as geldig beskou, en weier hulle om Mandela in die land toe te laat. Die regses in Amerika beskou Mandela as ‘n terroris met verswarende omstandighede, omdat hy verantwoordelik was vir die dood van tientalle onskuldige burgers van Suid-Afrika.

In 1983 het ‘n bom naby die Departement van Verdediging se gebou in Kerkstraat, Pretoria, ontplof waarin tientalle mense gedood en honderde ernstig beseer is. Na dié voorval het die destydse Eerste Minister, mnr P W Botha, aan Mandela kwytskelding van sy vonnig aangebied, op voorwaarde dat hy geweld sal afsweer, en aan die slagoffers se naasbestaandes sy ekskuus sal aanbied. Tot op hede het daar nog niks van gekom nie. Hy het wel later van “versoening” tussen wit en swart begin praat, maar die Kerkstraatbom het hy tot vandag geïgnoreer.

Mandela is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, waarvan hy net minder as 27 jaar op Robbeneiland uitgedien het. Toe sy gesondheid begin swak word het, is hy na die Victor Verster-gevangenis – tussen Franschhoek en die Paarl – oorgeplaas, vanwaar hy toe in 1990 deur mnr F W de Klerk vrygelaat is. Daarvoor het De Klerk die Nobelprys vir Vrede ontvang. Die land waarvoor die Afrikaner so hard geveg en hard gewerk het, is gratis, op ‘n skinkbord, aan die kommuniste oorhandig.

* Wanneer ‘n mens oor Mandela praat, kan ‘n mens nie nalaat om ook van sy berugte vrou – Winnie Madikizela Mandela – te praat nie. Sy het wêreldwyd bekend geword vir haar slagspreuk:”With my matches, my necklaces and my tyres, I will liberate this country!” Lees meer.

Swartes wat teen die ANC gekant was, of wat met die polisie saamgewerk het, het sy laat vang en in haar eie barbaarse hof laat teregstel. Die slagoffer se hande is vasgebind, petrol is dan oor hom/haar gegooi, en aan die brand gesteek. Soms is ‘n ou voertuigwiel se band ook om die slagoffer se nek gehang, sodat die brandende rubber verder skade aan die slagoffer kan aanrig. Wat ‘n wrede en barbaarse manier om te sterf! Deesdae word blank

4 comments

  1. Volgens sekere geskiedenisboeke, en volgens die vele kommentare oor my Afrikaans, vermoed ek dat vele “Nederlandse voorvaders” eintlik uit Wes-Vlaanderen, en nie Amsterdam nie, afkomstig was. Plekke soos Brugge, Kortrijk, Ieper en nog ander dorpe in Vlaanderen en Wallonië, was die tradisionele tuistes van “Nederlandse” immigrante in Suid-Afrika.

    Like

  2. Weer bijgeleerd ! Een aantal woorden doet denken aan mijn Vlaamse roots.
    Een goede kennis leeft in Z.Afrika en weet te zeggen dat ” t daar nog steeds niet “pluis” is”.
    Vechten tegen de armoede is de enige oplossing.

    Like

  3. Voor wie sommige Zuid-Afrikaans woorden niet zou verstaan , is er een Duitse webstek die Afrikaans naar Engels vertaalt, op te roepen als deu.hablaa.com/afrikaans-englisch/ , vergeet de C niet in te tikken (want het is een Duitse term)

    Like

  4. Deze tekst is best te verstaan. Ik ben in october als toerist naar Zuid-Afrika geweest en als ze TRAAG Afrikaans spraken verstond “ek” quasi alles “baaie goed” Zo een gescheven verslag is gemakkelijker verstaanbaar, vermits men sommige passages een tweede keer kan lezen ter volledig begrip. Het is koud buiten, daarom trek ik nu een “wolkombers” aan bij het buitengaan.

    Like

Reacties zijn gesloten.