Sinds de afschaffing van gescheiden ontwikkeling zucht Zuid-Afrika onder het ANC-bewind. Met een golf van ‘plaasmoorde’, overvallen en moorden op boerderijen van blanken, wordt een genocide tegen de blanke minderheid uitgevoerd. Aan het indrukwekkende ‘Witkruismonument’ vindt eerstdaags een herdenking plaats. Hier de aankondiging vanop de website van ‘Die Voorblad’, spreekbuis van de partij ‘Vrijheidsfront’.
Op Saterdag 2 Junie 2012 vind die jaarlikse eerbetoon-geleentheid van die Witkruisemonument naby Pietersburg plaas. “Die Witkruisemonument is opgerig ter nagedagtenis van slagoffers van plaasaanvalle. Dit is ‘n gemeenskapsprojek en ons versoek die mense van die omgewing om die herdenking by te woon.
Tydens hierdie geleentheid sal daar ook resorasie en aanvulling aan die monument geskied”, sê Johan Willemse, voorsitter van die Pietersburg-Doornkraal Geloftefees. Belangstellendes kan reeds op Vrydag, 1 Junie 2012, aan aktiwiteite deelneem.
“Vrydagaand word daar op die berg uitgekamp. Daar word beplan om die aand die buitelyne van die Monument te verlig, sodat dit sigbaar sal wees vanaf die N1”. Amptelike verrigting begin om 09h30 Saterdag-oggend. Die skare kom bymekaar by die Lenette Hall op die Geyserpad vanwaar deelnemers berg-op vertrek.
Ds Petrus van Rensburg van Dendron sal 10h00 die byeemkoms open, waarna mnr Louis Meintjies, president van TLU SA, die feesrede sal lewer.
Daarna sal sal naasbestaandes van slagoffers die geleentheid kry om kruise te herplant en die terrein sal opgeknap en skoongemaak word. Om 12h00 sluit die byeenkoms af, waarna middagete genuttig sal word.
Vir meer inligting kan Me Lita Fourie geskakel word by 072 542 7352.